Pete Sampras

Pete Sampras
Pete Sampras in 2008.
Volle naam Petros Sampras
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Woonplek Lake Sherwood, Kalifornië
Geboortedatum 12 Augustus 1971 (1971-08-12)[1]
Geboorteplek Washington, D.C.[1]
Lengte 1,85 m[1]
Gewig 77 kg[1]
Afrigter Peter Fischer (1980–1989)
Joe Brandi (1989–1991)
Tim Gullikson (1992–1995)
Vitas Gerulaitis (1994)
Paul Annacone (1995–2001)
Tom Gullikson (2001–2002)
José Higueras (2002)
Paul Annacone (2002)[1]
Begin professioneel 1988[1]
Afgetree 2002 (laaste wedstryd)
2003 (amptelike aftrede)[1]
Spelstyl Regshandig (eenhandige handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld $43 280 489 (soos op 18 Julie 2023)[1] (5de van alle tye)[2]
Int. Tennisheldesaal 2007 (ledeblad)
Amptelike webblad petesampras.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 762–222 (77,43%)[1]
Loopbaantitels 64[1]
Hoogste rang No. 1 (12 April 1993)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (1994, 1997)
Franse Ope HE (1996)
Wimbledon W (1993, 1994, 1995, 1997, 1998, 1999, 2000)
VSA-Ope W (1990, 1993, 1995, 1996, 2002)
Groot toernooie
Toereindronde W (1991, 1994, 1996, 1997, 1999)
WTA-kampioenskap 3R (1992)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 64–70 (47,76%)[1]
Loopbaantitels 2[1]
Hoogste rang No. 27 (12 Februarie 1990)[1]
Australiese Ope 2R (1989)
Franse Ope 2R (1989)
Wimbledon 3R (1989)
VSA-Ope 1R (1988, 1989, 1990)
Laaste opgedateer op: 23 Januarie 2012.

Pete Sampras[3][4] (Grieks: Πιτ Σάμπρας; gebore op 12 Augustus 1971 in Washington, D.C. as Petros Sampras) is 'n voormalige Amerikaanse tennisspeler. In sy loopbaan van 15 jaar het hy 14 Grand Slam-mansenkelspeltitels op 52 geleenthede gewen. Hy was 'n wêreldwye no. 1-speler en word beskou as een van die grootste spelers in die tennisgeskiedenis.[5] Vanweë sy presiese en kragtige afslane het hy die bynaam "Pistol Pete" gekry.

Sampras se professionele loopbaan het in 1988 begin en op die VSA-Ope van 2002 geëindig waar hy Andre Agassi in die eindstryd verslaan het. Hy was die rekordhouer van sewe Wimbledon-mansenkelspeltitels tot in 2017, toe Roger Federer sy agtste titel gewen het. Sampras het ook vyf VSA-Ope-titels gewen, ’n Ope-era-rekord wat hy met Federer en Jimmy Connors deel, asook twee titels in die Australiese Ope. Sy 14 Grand Slam-titels was ’n rekord totdat Federer sy 15de titel in 2009 op Wimbledon gewen het. Rafael Nadal het dié prestasie in 2017 in die Franse Ope herhaal en Novak Djokovic in 2019 in die Australiese Ope.

Sampras het altesaam 64 enkelspeltitels gewen. Hy was in 1993 die eerste keer die wêreld se no. 1-speler en het dié posisie 286 weke lank gehou (die tweede langste naas Federer se 310 weke). Hy was van 1993 tot 1998 ’n rekordgetal van ses agtereenvolgende jare no. 1. In 2007 is hy in die Internasionale Tennisheldesaal vereer.

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 (en) "Player profile – Pete Sampras". ATP World Tour. Besoek op 18 Julie 2023.
  2. (en) "Career Prize Money" (PDF). Pro Tennis Live. 17 Julie 2023. Besoek op 18 Julie 2023.
  3. (en) Pete Sampras in die Internet-rolprentdatabasis
  4. (en) "Petros Sampras" in die Paperback Oxford English Dictionary
  5. (en) "Top 10 Men's Tennis Players of All Time". Sports Illustrated. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2010. Besoek op 23 September 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy